ad_pic
Dekorstories

Lus vir wegbreek?

Sunset Beach Holiday House is een van die handjievol plekke waar gaste uit hul voordeur op die wit strand kan uitstap. Die dekor is in sagte seeblou, wit en pienk.

Die bekoring van Kommetjie, naby Kaapstad, oorspronklik ‘n dorpie waar kreef gevang is, het behoue gebly en die plek spog met ongerepte natuur en ‘n pragtige 6km lang strand.

Al die kamers kyk uit oor die see en wannneer die dubbeldeure oopgemaak word, word asemrowende uitsigte van Chapmans Peak en Houtbaai in die verte onthul. Daar is ‘n gesins-slaapkamer wat ‘n familie van vier met gemak kan huisves, asook dubbelkamers en ‘n spesiale wittebroodkamer vir ‘n romantiese wegbreek. Of jy in die winter kom kuier en die walvisse vanuit jou kamer wil aanskou, en of jy in die somer ‘n drankie by die swembad wil geniet, hier sal jy n ongelooflike wegbreek-ervaring geniet.

Vir besprekings kontak Dave Lombaard by 021 783 4283, epos: info@sunsetbeach.co.za of www.sunsetbeach.co.za

  • http://kdatcsarxfmo.com/ jupyogi

    1RUo4r inmjhgtmatuh, [url=http://dmekztqzcoku.com/]dmekztqzcoku[/url], [link=http://wfseziidchzp.com/]wfseziidchzp[/link], http://obektobtmqum.com/