Maak dit self- ontwerp jou eie ottoman
Foto’s: Ryno Galery
Trek jou ottoman oor en gee dit nuwe lewe1
Ons het vir die ottomans los oortreksels gemaak uit Hertex Fabrics se Sam-reeks, Everglade materiaal (R220 p.m.). Laat een of twee dik planke (sowat R113 vir ’n 3 m steierplank, Builders Warehouse) daarop rus om ’n bankie of lae tafeltjie te maak. Dit word ’n sitplek of pak-en uitstalruimte. Wit Wonki Ware-blompotte (v.l.n.r. R199, R199 en R270), uitsoektakke van Woolworths. Wit bak (R279), Loads of Living. Indo-Nepali-mat (R5 212), Gonsenhausers Fine Rugs, www.finerugs.co.za.
Ander items stilis se eie.
Wenk: Uitsoek-takke van Mr Price Home verkoop los oortreksels
(R99,99 elk) vir ottomans.
![]() |
Voor die BED By groot ysterware- en stoffeerwinkels is ’n verskeidenheid pote te kry. Jy kan eenvoudige silinder-pote koop, wat maklik oorgetrek kan word: Knip ’n lappie groot genoeg om netjies om die poot te pas en plak dit met kontakgom vas. Ons het ’n los oortreksel gemaak (sien sarie.com), die soom langer gesny, omgevou en aan die onderkant van die ottoman vasgekram. Bedlampie (R199,99), Woolworths. Duvet-stelle (vanaf R249,99 elk), Mr Price Home. Koning-grootte (50 x 90 cm) slaapkussings (R345 elk) en standaard-slaapkussings (R245 elk) gevul met ‘n mengsel van eendedons en vere, Granny Goose (www.grannygoose.com). Rietmatjie (R250), Moroccan Warehouse. Lint waaraan hart hang, Ebony and Ivory (www.ebonyandivoryribbons.co.za). Ander items stilis se eie. |
![]() |
In die SITKAMER Kunsleer-ottoman met stiksels (R399), Mr Price Home. Stoel (R8 995), Loft Living. Kussing gemaak van Hertex Fabrics se Turin-lap, kleur Breeze @ R460 p.m. Plakpapier uit Home Fabrics se nuwe Eijffinger-reeks, Uni Royal 395021 (sowat R1 268 per 10 m-rol, 53 cm breed). Ander items stilis se eie. |
![]() |
Knus SITPLEK Gebreide oortreksel en ottoman (R2 200) van Lynn Garrett kan bestel word. Sien Koopgids op bl. 150. Anthony Shapiro-blompot (R399), Loads of Living. Mat (R5 212), Gonsenhausers Fine Rugs. Wit bak stilis se eie. |
![]() |
Skink die KOFFIE Maak of laat maak ’n los oortreksel vir 3 ottomans wat styf teenaan mekaar gestoot is (sien sarie.com). Ons lap is Bloom, Amapola, kleur Breeze (280 cm breed, R460 p.m.). Alle kussingoortreksels is van Hertex Fabrics-lap (vanaf R300 p.m.), www.hertex.co.za. Blompotte (R35 elk) en Wonki Ware-borde (www.wonkiware.co.za), vanaf R69 elk, Woolworths (borde net by uitsoektakke). Lantern (R595), Hadeda. Spieël (R850), Moroccan Warehouse. Mat (R9 000), Gonsenhausers Fine Rugs. Wenk:4 ottomans in ’n blokvorm geskuif, maak ook ’n praktiese koffietafel. |
![]() |
Pleks van ’n STOEL Ons ottoman skuif netjies onder ’n tafel in – ideaal as jy min ruimte het. Glaskoppies en -pierings (R45 elk), @home. Ander items stilis se eie. |
Verwante artikels
-
Kersfees: Maak jou eie Kersboom van karton
SARIE - Desember 2009
Maak eenvoudige Kersbome van karton. Versier met als wat blink en mooi is. Hier is die aanwysings en die diagram.
-
Maak papierblomme en plekmatjies - ons wys hoe
SARIE - November 2010
Ons dekor-redakteurs, Anita Rossouw & Lounette Fourie, wys jou hoe om jou teetafel maklik en goedkoop te versier met die volgende 2 idees
-
Taal van jou hart
SARIE - Februarie 2008
Harte spel passie en liefde. Wys dit ook in jou dekor
-
Uit die natuur
SARIE - Augustus 2007
Moederaarde is ’n onuitputlike bron van inspirasie vir jou dekor - of dit nou mensgemaak of die ware Jakob is



























Kommentaar
Zonia Venter het gesê:
baie baie interessant!!! ek dink julle kan my dalk help by Sarie......ek het briefies van die kinders gebere wat hulle aan my deur die jare geskryf het. toe die kleinkinders later kom, het ek hul briefies ook gebere. die vraag is nou? weet julle van iemand wat kan plakpapier maak van die kraffitti wat ek al die jare gebere het? ek sou so bitter graag so 'n muur vol kraffitti van my geliefdes wou he??? Sarie weet altyd als! verras my grooooooot asb met 'n positiewe antwoord??? groetnis, Zonia van Kampsbaai
1ste Sep. 2011, 12:34