brabantia2
Dekorstories

Maak jou lewe maklik

‘n Muur-gemonteerde wasgoeddraad (R1 400) vou met min moeite terug en is veral geskik vir klein spasies soos woonstelbalkonne, motorhuise en klein agterplase. Dit het
24 m tou waaraan jy wasgoed kan hang, wat genoeg is vir ‘n vol bondel wasgoed.

Brabantia het ook nou ‘n vernuftige klein sakkie vir wasgoedpenne (R149,95). Dit het ‘n hakie wat jy aan jou wasgoedlyn kan vasknip (of aan jou gordel). Dis groot genoeg vir een bondel wasgoed se penne, is gemaak van stewige materiaal en het ‘n skuifkoord waarmee die sakkie toemaak.

Albei produkte is verkrygbaar by Boardmans-takke landwyd.