marthastewart
Dekorstories

Martha Stewart kletsrym 8 wenke met koeksoda

Ja, jy lees reg! Die leefstyl-koningin Martha Stewart rap oor koeksoda! Sy deel in dié video van 45 sekondes haar top-8 wenke, en dit sal jou beslis ook laat glimlag.

Haar eerste wenk is dat jy duur chemikalieë kan vervang met koeksoda.

Dan kletsrym sy voort dat jy gou-gou kan klaarspeel met ’n verstopte drein en vinnig jou hele badkamer daarmee kan skoonmaak.

Sy noem ook dat dit perfek is om jou baba se speelgoed skoon te maak en bababottels en fopspene te steriliseer.

Diere-reuke is duidelik iets waarvan Martha nie hou nie. Sy stel rym-rym voor jy gooi koeksoda in jou kat se sandbak en maak sommer ook hul speelgoed daarmee skoon.

Sy eindig haar rympie af met haar raad vir ’n jeukerige muskietbyt – koeksoda!

Beslis ’n baie snaakse video met uitstekende raad, dankie Martha!

 

Lees ook: