Dekorstories

Meer as ’n muur

Self geraam
Neem ’n foto van ’n besonderse stillewe en plaas
dit in jou geliefkoosde raam. Hang dit teen ’n bypassende
muurbehangsel of muurpapier.

Kies ’n prent waarvan jy hou, of neem self ’n foto
met ’n digitale kamera op die hoogste moontlike
resolusie. Laat druk by ’n fotowinkel op papier
van goeie gehalte en sny dan die prent met ’n
kunsmessie om netjies in die raam te pas.

Voltooi dan die raamwerk. Ons het ons
gunsteling-prent opgehang teen ’n doek met
’n Ikat-motief (R299) van Woolworths. Blou
motiewe soos dié, asook fyn tradisionele Japanse,
Indiese en Indonesiese motiewe, is nou oral te
sien. (Onthou, die onderneming Fabcote
kan vir jou enige materiaal tot muurpapier verwerk.)
Ovaalraam (R895), HandMade Framing. Agterste
gemmerpot (R89,95), Woolworths, en die twee ander
(R375 en R145) van Loft Living.
Tafelloper met ronde, geborduurde motiewe
(waarop die gemmerpotte staan) (R169), Loads of Living.

Woon-idees-sessie Maart 2009

  

Hoort saam
Soortgelyke rame wat bymekaar
staan, is altyd treffend.’
Een kleur
Haal ou prente uit die rame,
verf hulle en hang in’n patroon waarvan jy hou.’
Stensilprag
Neem ’n stensil met ’n
mooi patroon en maak afdrukke
in ’n teenstellende kleur as jou muur.’
Soos nuut
’n Houtkissie waarin ’n geskenk
verpak was en raampies wat nutteloos
rondlê, kry opnuut ’n lewe.’
Eie galery
Skep ’n mooi, kleurryke
galery in jou gang.’