panda_duffle
Dekorstories

Op reis met ‘n Panda

Hulle sal mal wees oor die Panda-ontwerp, Samsonite se nuutste toevoeging tot hul Funny Face-reeks. Dan is daar natuurlik ook nog altyd ‘n Ladybird, Crocodile en Busy Bee om uit te kies.

Die tasse is van duursame poliëster gemaak, wat dit lig en prakties maak om mee te reis, en die reeks bestaan uit ‘n klein rugsak, 2 groottes buissakke, ‘n regop tas van 40 cm hoog, ‘n beursie, ‘n sambreel, ‘n ligte, praktiese skooltas en ‘n oulike potloodhouer.

Landwyd beskikbaar by groot reistas-winkels. Pryse wissel van R349 tot R995. Vir verskaffer-navrae, skakel 031 266 0620 of gaan na www.samsonite.com.