web3
Dekorstories

Versier jou huis snoesig met wol!

Pak jou komberse uit, maak ’n kussing van ’n ou trui en skaf kussings met tekstuur aan. Op dié manier skep jy ’n heel nuwe voorkoms vir die koue maande.

1. Maak n kussing van ’n trui wat jy nooit meer dra nie. Knip die voorkant en agterkant tot n grootte van jou keuse en stik of werk met die hand (gebruik dieselfde kleur wol) rondom toe, maar laat opening vir vulkussing. Dop om, sit vulkussing in en werk opening toe.

web1

FOTO Ryno

 

2. As jy nie groen vingers het nie, kies hierdie gehekelde vetplantjies. Dit is van Projekt en word deur ’n groep agtergeblewe vroue van Houtbaai gehekel.

web3

FOTO Ryno

 

3. Maak veral jou slaapkamer warm en snoesig. Begin met vier goeie kwaliteit slaapkussings, ’n dons-duvet en n growwe gebreide kombers.

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

 

4. As jy nie van fieterjasies op jou bed hou nie, skep ’n winter-atmosfeer met ’n stapel  wintergoed aan die voetenend van jou bed. Soortgelyke ottomans is by Mr Price Home beskikbaar.

web 4

FOTO Ryno

 

5. Doen dieselfde in jou leefkamer en spaar sommer elektrisiteit! Sit eerder onder n kombers of kwilt as wat jy ’n verwarmer aanskakel.

web5

FOTO Ryno

Lees nou

Kuier buite – 5 wenke

5 dekor-idees vir mans

Dekor vir winterwarmte