dekor_linte
Dekorstories

Mooi met linte

GEE DIT MOOI

As jy nog iets wil bygee, is ’n pragtige koppie, vars blomme of mooi toegedraaide sjokolade onder die glasklok ’n ekstra bederf. ’n Sleuteltossel (R142,93, Castellano-Beltrame) is ook ’n besonderse pasella.

Of maak ’n kamma-koek soos ons s’n van bloemiste-oase, lint en roosblare:

* Koop 2 sirkels oase by ’n blomhandelaar, week dit in water, draai ’n breë lint om elkeen en strooi roosblare bo-oor.
* Rond af met ’n roosknop heel bo. Jy kan ’n bietjie geurolie of vanieljegeursel oor die oase sprinkel om dit lekker te laat ruik. Dit maak ook pragtige
tafelversierings vir teetyd.

Langwerpige glasklok (R220), Lime Grove. Hoë koekstaander (R399), Plush Bazaar. Platter Maxwell & William-glasklok (R159), Home etc. Glas-onderbord (R69), @home.
Voorste keramiekblom (R14,69), Game. Groter blom (R55), @home. Klein botterbakkie (R18,95), Home Comforts. Ander items en lint stilis se eie.