sr1102dekor_8_
Dekorstories

The Grand: Mooier as mooi

 Eers kan jy na hartelus kyk en koop by die winkel met eksklusiewe klere, skoene en dekor-items. Daar kan jy ook aan rare ouwêreldse kerse gaan ruik – ons belowe dit sal jou wegvoer na ‘n ander era. Geure wat ruik na die Versailles-paleis se vloerplanke, silwerskoon gewaste linne en brandende biesies sal jou verras en nostalgies laat.

As jy lus is vir eet of iets om te drink, kan jy kies of jy binne of buite, letterlik met jou tone in die spierwit seesand, wil sit. Jou uitsig is ‘n blousel-blou baai met skepe en seiljagte. Die adres is Granger Bay-weg, Granger Bay. Sien ook ons Februarie-SARIE op bl. 124 en 128.

The Grand Gallery Boadicea (021 425 0164)

The Grand Cafe and Beach (021 425 0551)