sr1011dekor_7_
Dekorstories

Mosaïekplan

Dis mos nou die tyd van die jaar om buite te kuier en ’n mens kan altyd doen met nog ’n buitetafeltjie of twee. Die blou-en-wit teëltjies kom van Mexiko, is sowat 5 x 5 cm groot en te koop @ R10 stuk by Hadeda. Maak só: Meet die tafelblad en werk uit hoeveel teëls jy nodig het. Laat ’n spasie van sowat 3 mm tussen teëls vir die voegbry (grout). Koop die nodige mosaïekgom en voegbry by ’n teëlhandelaar. Vir ’n buitetafel is dit baie belangrik dat jy die voegbry met ’n waterdigte middel meng – vra die teëlhandelaar se raad. Bel Hadeda by 011 788 9859/ 021 465 8620 of besoek www.hadeda.net