_K6E5688-Edit
Dekorstories

’n Elegante blou Kersfees

Ons mooiste blou en elegantste wit; glimmergoud en warm hout. Dis ’n ouwêreldse fees. En die feesmaal? ’n Slaai so mooi soos ’n Kerskrans, lamsboud en aartappels, en bessies en meringue in ’n nog-’n-skeppie-trifle omtower.

>> Versier jou Kersboom: Kopieer jou blou borde op ’n fotostaatmasjien en verklein. Knip uit en plak twee-twee aanmekaar met ’n toutjie tussenin (soos op hooffoto)

Blou-5377-Edit

Gebruik ruwe houtskywe plekmatjies.

• Bietjie blou. Haal jou onpaar Delft-styl borde uit en dek daarmee.

• Versier die tafel met dennebolle wat jy goud gespuitverf het.

• Om by die ouwêreldse gevoel van die blou-en-wit porselein te pas, kies koperblakers vir jou kerse.

_K6E5832Blou-5423

 

<< Jy sit hiér. Dié oulike naamkaartjies kan jy hiér aflaai

 

 

 

Blou-5410

 

Iets kleins >>
Maak jou eie Kersklappers deur wit papier om ’n kartonrolletjie te draai. Sit ’n klein geskenkie in elk en knoop die punte toe met goue tou of lint. Versier dit met ’n strook papier wat by jou tafel pas. Dié papierontwerp kan jy hiér aflaai.

 

 

Spyskaart

Voorgereg

Blou-5343

 Oondgebakte eiervrug

Bykos

Blou-5338

Caprese-Kerskrans

Hoofgereg

Blou-5368

 Lamsboud gerooster op roosmaryn

Nagereg

Blou-5341

Trifle met meringue, bessies en panna cotta