1
Dekorstories

’n Purpermooi Kersfees

Purpermooi en soet soos stroop. Adamsvye uit ons Klein-Karoo sê: Kom saam, dis feestyd! Ons versier die tafel met olyftakke, die boom met goud en silwer en vier fees met kruiebrood en lamskenkel gegeur met rooiwyn.

>> Versier jou Kersboom: Spuitverf plastiekmessegoed goud. Boor ’n gaatjie in die hef vir die ophangtoutjie. Versier verder met silwer en goue balle (soos op hooffoto).

Pers-5254-Edit

• Skeur stroke dik linne of katoen omtrent 50 cm breed om tafellopers soos dié te maak. Vleg kranse van olyftakke en maak jou eie groot lapservette.

• Vul bakke met ryp vye en meng dit met Kersballe.

Pers-5262<< Versier die stoele: Vorm ’n klein kransie van ’n sagte loot en draai vas met bloemistedraad. Bind ’n klein Kersbal in die middel van die kransie en hang met ’n lint aan elke stoel.

 

 

 

 

 

Pers-5257>> ’n Feesmaal-servet: Knip elke servet 42 x 42 cm groot en stik dit om met ’n dubbelgevoude soompie. Kry die stensilpatroon HIER. Sny dit uit en stensil woord met wit materiaalverf in middel van servet, so 5 cm vanaf onderrand. Fikseer verf deur met ’n warm yster daaroor te stryk. Werk met klein rygsteke en ’n enkele draad katoenborduurgare rondom die woord.

 

 

Spyskaart

Voorgereg

Pers-5244Kaas-en-kruiebrood (Kerskrans)

Bykos

Pers-5201Beet gebak in sout

Hoofgereg

Pers-52288-uur-lamskenkel-pasteie

Nagereg

Pers-5188Cassata-trifle