Dekorstories

‘n Stoel wat woel

Kunstige STOELE

In ’n voorportaal of teen enige kaal muur lyk twee kleurryke
stoele gesellig en vrolik. Hier’s hulle onder 
’n skildery deur Madelein Marincowitz.

Woonidees-sessie Oktober 2009

 

Maak plek Maak PLEK
Onthou, ’n muur bied ook
spasie. Hang van jou stoele op
en skuif die tafel teen
die muur.
Voor die bad Voor DIE BAD
’n Stoel, dié keer met ’n glasblad vir handdoeke, is net so goed
soos ’n tafeltjie in die badkamer (of langs die bed).
Kom sit

Kom SIT

Kombuisstoele is ’n goeie koop en kan
altyd later met meer luukse sitplek
soos ’n rusbank vervang word.

‘Selfs in jou sitkamer is ’n kombuisstoel
welkom met ’n mooi kussing daarop’