cansa_cordless
Dekorstories

‘n Telefoon wat help

Hierdie telekommunikasie-onderneming, in samewerking met die verskaffer, skenk die opbrengs van die verkope uit dié oulike handpalm-landlynfoon aan die Kankervereniging van SA (Kansa).

Die Palmtalk Flip is ‘n koordlose foon wat ontwerp is met ‘n flap wat oopklap. Dit het ook ‘n hele aantal funksies, soos ‘n gekleurde skerm, bêreplek vir 250 name en telefoonnommers – jy kan ook jou selfoon se simkaart kopieer, ‘n luidspreker, ‘n wekker, speletjies soos Suduko en vele meer.

Dit word landwyd teen R899 (BTW ingesluit) by Telkom-winkels verkoop. Skakel ook 120219 of besoek www.telkomphones.co.za.