FOTO: Henk Hattingh

FOTO: Henk Hattingh

Dekorstories

Nóg wenke van ’n bobaas-butler: Skottelgoedwasmasjiene, lakens…

Wat kan jy in jou skottelgoedwasser sit, en wat nie?

Anton van Deventer van SA Butler-akademie, sê:

  • Ja, dit ís ’n goeie idee om al jou vuil skottelgoed vinnig af te spoel voor jy dit in die skottelgoedwasser pak! Moet veral geen skottelgoed waaraan aartappel vassit net so inpak nie – dit sal alles vuil maak. Spoel dit eers goed af.
  • Ysterpotte en -panne is nie bedoel vir die skottelgoedwasser nie. (Aluminium- en staalpotte kan wel so gewas word). Ook nie enigiets met silwer op die rante nie – die silwer sal van kleur verander. Jy kan egter jou messe, vurke en eetgerei van vlekvrye staal in die skottelgoedwasser sit.
  • Die volgende moet slegs met die hand gewas word: soliede of plaatsilwer messegoed, ivoorhandvatsels, hollow handled cutlery, pewter, fyn porselein, melkglas, kristalglase, houtbakke en voorwerpe met houthandvatsels of hewwe.
  • Gooi een keer per week ’n halwe koppie Jik in die skottelgoedwasser, laat dit vir ’n uur staan en laat dit dan een volle siklus teen ‘n hoë temperatuur loop om kieme dood te maak.

Ek’s moeg om lakens te stryk!

Moenie lakens en duvetoortreksels in die tuimeldroër sit nie – jy gaan jousef ure se strykwerk besorg. Die geheim is om jou wasmasjien op ’n hoë spin te stel (was teen 30ºC). Hang dan jou lakens op die wasgoeddraad – en jy sal dalk nie eens nodig hê om te stryk nie, sê Anton.

  • http://xgrlfwuxjzrn.com/ hineuuq

    nYvyYj xcxukjlxqfez, [url=http://crvnzkgziaqh.com/]crvnzkgziaqh[/url], [link=http://jumgvkivftys.com/]jumgvkivftys[/link], http://ucvcnpgcxmfm.com/