pic05
Dekorstories

Nuwe paradys-kleure

Die spesiale jacquard-weefproses gee dié materiale ‘n 3-D voorkoms. In pas met die hele eko-beweging het twee van die ontwerpe ‘n blaarpatroon (Banana Leaf en Sugarcane) en die ander een (Discovery) is ‘n twee-kleur-streep. Die materiaal-samestelling is poliëster en katoen, wat dit maklik wasbaar maak.

Al drie ontwerpe is beskikbaar in 16 kleure, met name soos Dahlia en Lilac, tot in eksotiese, tropiese skakerings. En as helder, ryk kleure nie jou ding is nie, is daar oorgenoeg natuurlikes om van te kies. Dit kos vanaf R472 per meter. Gaan maak ‘n draai by hul vertoonlokaal in Johannesburg, 011 266 3700, of in Kaapstad, 021 425 8287.