floors_direct_e_034_2_d2282_cmyk
Dekorstories

Nuwe houtvloere

Wag eers, kyk na die nuwe gelamineerde vloere van Floors Direct, en maak weer jou sommetjies. Dis dalk nie die ware Jakob nie, maar lyk net soos natuurlike houtvloere en is boonop baie meer bekostigbaar – pryse wissel van R90 tot R400 per m².

Nog voordele van gelamineerde vloere is dit is nie-poreus en daarom baie higiënies. Huismiete en bakterieë het nie ‘n broeiplek soos in die gleuwe van houtvloere nie. Dis ook maklik om skoon te maak en vlek nie.

Besoek www.floorsdirect.co.za vir keuses, of skakel 0861 1 FLOORS.

  • Luitha de Jager

    Ons gimnastiek klub het ‘n moontlike perseel bekom waar ons voortaan kan oefen nadat die sportsentrum op ons dorp vir ons ontoeganklik gemaak is en wil graag navraag doen vir die installering van ‘n houtvloer van ongeveer 400 m2 in die perseel. Daar is tans ‘n gekompakteerde grondvloer en dit gaan te veel kos om ‘n betonvloer daar te gooi. Kan ‘n mens ‘n houtvloer bo-op hierdie grondvloer installeer? Ek sou ook graag ‘n kwotasie van u wil kry as dit moontlik is. Dit hoef nie die beste kwalitiet te wees nie want ons matte bedek ‘n groot deel van die vloeroppervlakte. U raad in die verband sal hoog op prys gestel word. Baie dankie Luitha de Jager Kungwini gimnastiekklub in Bronkhorstspruit.

  • Pieter Harmse

    Ons wil graag houtvloere installeer in ons huis maar die bestaande vloere is leiklip, kan ons dit bo-op die leiklip vloere laat installeer?