Feb7 copy
Dekorstories

Só omskep jy ’n goedkoop skinkbord

’n Skinkbord word ’n magneetaansteekbord . . . 

Ons het ’n ou metaal-skinkbord donkergrys gespuitverf, maar jy kan dit natuurlik enige kleur spuit of net so hou. Gebruik klein magnete om uitnodigings, lyste en afsprake op die
skinkbord vas te sit.

Feb6 copy

Die koperbeker (R199) en klein ronde kaasbord (R225) is van Woolworths, die langwerpige houtsnyplank regs daarvan (R149,99) is van Mr Price Home. Die snyplank voor links (R149) is van @home. Ander items is stilis s’n. Muurkleur is Auburn Falls 6 van Dulux.

. . . of ’n klein tafeltjie

’n Groot metaal-skinkbord is ideaal om ’n klein sytafel mee te maak. Ons het ’n verweerde tafeltjie se pote gebruik en die blad daarop vasgeplak met No More Nails-gom.

Feb7 copy

Die groot metaal-skinkbord (R160) is van Game.

Wenk: As jy die skinkbord wat in ’n magneetbord omskep is, wil ophang, kap ’n klein gaatjie met ’n skerp spyker om ’n toutjie deur te ryg.

Hier is nog n paar dekor-items waarvan SARIE hou:

Skryf boodskappe op dié plakkers

(R27 vir stel van 4), Game

R27 (vir stel van 4), Game

Knyp ’n naamkaartjie of rekeninge vas met ’n wasgoedpennetjie

(R38 vir stel van 4), Game

R38 (vir stel van 4),
Game

Plastiekborde is lankal nie meer vaal en stylloos soos vroeër nie.

R35,99 elk, Game.

R35,99 elk, Game.

Die gordynpaalglasknop

(R70,14), Decorland by Game

R70,14, Decorland by Game

GAME is een van die borge van 30 Dae van Kos en Dekor. Die hoogtepunt vind 4 – 6 Maart by Gallagher-konferensiesentrum in Midrand plaas. Kom kuier saam! 

Lees nou