plascon
Dekorstories

Ons hou van blou

Dié kleur is ook deur die toonaangewende Pantone-kleurinstituut, wat navorsing doen en inligting verskaf oor kleur, as die kleur van die jaar aangewys.

Turkoois verteenwoordig die balans tussen die spirituele en die intellektuele en is daarom ‘n stimulerende kleur vir enige interieur, maak nie saak of dit modern of tradisioneel is nie. Dis al eeue lank gewild, veral in lande waar die lig helder en water blou is. En met Plascon se turkoois tinte het jy sommer ‘n verskeidenheid om uit te kies, bv: Plascon Mystic Fog (B1-B2-1), Luna Moona (B1-B1-4),  Azurean Sea (B1-B1-3) en vele meer.

Wenke van Plascon is om dit as aksentkleur te gebruik in die vorm van items soos strooikussings en blompotte. Kombineer dit dan met kleure soos sjokoladebruin of oranje vir ‘n warm atmosfeer, of skep ‘n retro-styl met sagte turkoois en swart vir ‘n 1950’s-gevoel.

Besoek www.plascon.co.za of skakel 0860 204 060 vir meer verfwenke en inligting.