Dekorstories

Ons soek jóú huis vir SARIE WOON

Vir ons jaarlikse uitgawe van SARIE WOON wil ons in 2015 al langs die Kaapse Suidkus kuier – van Stilbaai tot Plettenbergbaai.

Laat weet ons as jy ’n mooi/interessante huis het waar ons kan foto’s neem – dit hoef nie ’n seehuis of vakansiehuis te wees nie. Of sê vir ons as jy weet van iemand wat so ’n huis het. E-pos foto’s en/of kontakbesonderhede na lfourie@sarie.com voor 28 Februarie 2015. SARIE WOON kom kuier graag by julle.