styled_silver_shot_2
Dekorstories

Ontwerpersverf

Die ou tafel het byna tussen die ander stukkende goed in my garage beland. Danksy die silwer verf het dit egter nou ‘n ereplek in my huis.

Die verf het ‘n waterbasis en kwasse kan dus met water skoongemaak word. Nie net mooi nie, maar omgewingsvriendelik ook.

Dit verf maklik en glad en is binne 4 uur droog. Ek het my tafel 3 lae gegee en die laaste laag diagonaal oor die blad geverf, wat dit ‘n baie mooi afwerking gegee het.

Jy kan selfs mure en verfbare plakpapier daarmee verf.