silkcottonco_0919
Dekorstories

Speel-speel

Ons was mal oor die stalletjie van die materiaalhuis: Silk & Cotton Co by die Room on View-dekorskou in Johannesburg einde Mei ’10. Hulle het hul nuwe reeks “Fushion” bekend gestel deur dit in klein blokkies te knip en dit oor al die meubels, vloere en mure te plak.

Die ontwerpe is ‘n eklektiese mengsel van monochromatiese patrone, wat op wit katoen of natuurlike linne gedruk is. Daar is drie reekse en alles is plaaslik vervaardig. Gaan loer gerus in by die winkels van Silk & Cotton Co, Kramelville 011 448 2578; Kaapstad 021 434 4225; Durban 031 303 5960 of Port Elizabeth 041 586 3338

Besoek ook www.silkco.co.za