maya_sticky_board_photo
Dekorstories

Plak dit aan


‘n Aansteekbord wat self plak, is nou beskikbaar van Flowermill. Die seildoek is met ‘n spesiale nie-toksiese polimeer bedek, wat ‘n lagie taaiheid verskaf. Jy hoef net af en toe die aansteekbord met ‘n nat lap af te vee om die taaiheid te behou. Die aansteekborde word van Obeche-hout gemaak, wat uit volhoubare woude kom. Dis in drie groottes, nl. 900 x 600 mm; 700 x 400 mm en 900 x 200 mm, beskikbaar. Pryse wissel van R800, R500 en R450 (BTW uitgesluit). Flowermill verskaf landwyd, 021 461 0775 of e-pos debora@flowermill.co.zaof www.flowermill.co.za.