FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Planne vir jou voorportaal

Jou voorportaal vertel wie jy is – en eerste indrukke tel! Al is jou plek hoe klein, verg dié ruimte dus spesiale aandag. Dis boonop funksioneel en jy soek ’n plek waar jy sleutels kan bêre, jou sak kan neersit of ’n serp kan ophang sonder dat dit slordig sal lyk.

Sorg vir dié elemente in jou portaal:

• ’n Stoel waaraan jy jou sak kan ophang.
• ’n Stoorplek of laai sodat sleutels, kleingeld en strokies nie slordig rondlê nie.
• Iets treffends teen die muur.
• ’n Element uit die natuur, soos ’n plant of vrug.

1. Kies ’n tafeltjie met ’n laai waar jy met die intrapslag jou pos en sleutels kan ingooi. Hier kan jy maar waag met ’n oorgroot foto van die natuur.

sr0908dekor (1)

FOTO: Ryno

2. As jy glad nie ’n voorportaal het nie, sorg dat daar ’n stoel is om ’n baadjie aan op te hang en ’n handsak neer te sit.

pater_337

FOTO: Ryno

3. Hang ’n slag iets anders op en vervang byvoorbeeld die voorportaal se spieël met ’n kleurryke skildery of prent.

5 dekorplanne met ou jeans

FOTO Ryno

FOTO Johann Lourens

4. As ruimte beperk is, gebruik die spasie in jou voorportaal as ekstra stoor- en uitstalplek.

sr1007dekor (3)

FOTO: Ryno

5. As jy ’n trap het wat uit die portaal lei, gebruik die area onder die trap vir ’n netjiese rak, ophangplek of selfs lessenaar.

Peta07

FOTO: Ryno

5 droomkamers vir kinders