sr0903website2rz
Dekorstories

Gegeurde kerse is bobaas!

Somer of winter, lig of donker, dis tyd om ‘n kers aan te steek. En as daar ‘n geurtjie by is, des te beter. Geurige kerse van Poetry is een van die maklikste maniere om atmosfeer te skep. Dit word plaaslik vervaardig en kom in ‘n verskeidenheid van groottes en sagte kleure wat ons oral die komende winter sal sien. Natuurlike geurolies soos wildevy, ylang-ylang en sandelhout word gebruik. Dit kos tussen R69 tot R109.

 Besoek gerus die nuwe Poetry-winkels uit Cape Union Mart se stal, waar mode en dekor slim gemeng word.

Vind Poetry-winkels in Cavendish Square, Garden Route Mall, Tygervallei en Hyde Park. Binnekort ook in Canal Walk, Galeria (Durban) en The Grove (Pretoria)

www.poetrycollection.co.za