KREATIEF2014 VOORBLAD_small
Dekorstories

SARIE kreatief (vir kleingoed) 2 Junie op die rak

‘n Splinternuwe uitgawe van SARIE kreatief (vir kleingoed) spog met 28 brei-patrone vir seuntjies en dogtertjies + die mooiste handwerk en truie wat jy in ‘n naweek kan brei.

“Was dit nou lekker om dié uitgawe van SARIE kreatief bymekaar te sit. Hier noem ons dit sommer klein kreatief! Ure lank het ons patrone gekies en lekker gelag vir elke oulike kindergesiggie. Wie het nie mooi herinneringe aan ’n gunsteling- kindertrui, ’n kleintydse kombersie of ’n speelding nie, en hier is nou die kans om só ’n koesterdingetjie te maak. Van SARIE se redaksielede met klein kinders het heerlik saam gekies en raad gegee, en elkeen is weg met ’n patroon wat sy self wil aanpak of wat ’n ouma gaan brei.

“Ons het die patrone so gekies dat daar iets vir elke smaak is. Vir dié wat nie brei nie, is daar ’n maklike kinderrokkie en pofbroek om te maak, asook ’n bewertjie wat bo ’n bababed hang. Met ’n onlangse besoek van die brei-maatskappy Saprotex was ons ook opgewonde oor nuwe plaaslik vervaardigde breidrade. Dié seisoen is daar byna elke tekstuur en kleur te kry.

“Of jy nou self kinders het of nie, om vir ’n kleinding iets te maak is bevredigend. Dit kom so uit die hart en boonop is jou handewerk vinnig klaar. En onthou, jy kan maak waarvan jý hou omdat die kleingoed nog nie vol fiemies is oor hul klere nie. Geniet!”

Lounette en Anita (dekorredakteurs)

Hier’s ’n voorsmakie…

010514SRS039 010514SRS040 010514SRSd012

In jou SARIE kreatief (vir kleingoed) – nuttige skakels

Jy sien die verwysing in die tydskrif, maar is onseker waar dit op ons webtuiste lê? Volg hierdie nuttige skakels om jou lees-ervaring digitaal aan te vul!