sarie_woon
Dekorstories

SARIE WOON – die nuwe tydskrif uit die SARIE-stal

Op Saterdag 7 November sal SARIE se Fanie Cronjé die nuwe dekortydskrif, SARIE WOON, aan kykers bekendstel. Hy sal ook ‘n hele paar stileringswenke deel en kykers sal ‘n kans staan om Woolworths-geskenkbewyse van R20 000 los te slaan. Dié Ontbytsake-episode word ook op Maandag 9, Woensdag 11 en Vrydag 13 November herhaal.

SARIE WOON

Maklik! Maak van jou huis ‘n stylvolle speel- en leefplek met ‘n nuwe tydskrif uit die SARIE-stal. Dis propvol idees en mooimaak-wenke vir jou huis.

SARIE WOONsal van 4 November landwyd te koop wees. Teen net R32,95 kry jy al die glans en swier, al die mooigoed – en inspirasie.

SPESIAAL VIR JOU: ‘n Gratis voëltjiestensil om op jou mure, op plakpapier, keramiek en materiaal te gebruik.

Hier’s ‘n lusmaker:

MY STYL

Klassieke swart en wit kry vuurwarm spatsels kleur. Blomme is informeel met linte, mooi vase en eksotiese orgideë, van die voorportaal tot die leefvertrek. Hier is ’n  aksentmuur jou skilderdoek. Plak dit, verf dit en versier dit

Laat jou huis blom

MY INSPIRASIE

Kleur en tekstuur gee woema. Met ’n kwas, ’n stensil en verbeelding kan jy jou huis en meubels omtower. Woeker met glas en rottang, hout en suède, kant en ysterwerk … Dink weggooigoed, hougoed en optelgoed

Toor met tekstuur

MY LEWE

Die hart van jou huis is ’n kuierplek, kookplek en kreatiewe plek; jou leefvertrek so hartlik soos ’n  knetterende kaggelvuur; jou badkamer ’n spa met romantiese eenvoud, Victoriaanse sjarme en aardse sement …

MYSELF

Selfmaak is die gonswoord. Tradisionele handwerk skop nes in selfs die modernste dakwoonstelle. Oorskietlap en -planke kry ’n tweede kans, en tuiskantore werk met elke ding op sy plek

Modern & knus

WENNERS:

Dinsdag 27 Oktober: Lisa Joubert

Woensdag 28 Oktober: Marietjie Erasmus

Donderdag 29 Oktober: Celeste Havenga

Vrydag 30 Oktober: Henriette du Toit

  • Heila

    Kan nie wag nie… baie geluk met die nuwe tydskrif!!

  • Ada

    Hoop dit is net so propvol lekker lees en kyk soos SARIE

  • Estelle Burger

    Ek is ‘n SARIE verslaafde. Kan nie wag vir Sarie Woon, al is huis bietjie klein kan dit nog steeds mooi lyk. Baie geluk Sarie vir nog ‘n treffer.

  • TAMMY – LEE VILJOEN

    Ek verhuis oor een week, so dit kan nie op ‘n beter tyd gekom het nie! Weer in die kol met SARIE !!

  • Nicolene

    Ek kan nie wag nie! het onlangs verbeterings by my huis aangebring en moet nou begin "decorate". Sien idees! Ek is ‘n KosSarie verslaafde en as die tydskrif so goed gaan wees sal dit beslis ‘n wenner wees!

  • Hannetjie

    Wat ‘n heerlike verrassing. Die jaar gaan so vinnig, maar kyk uit na 5 November

  • Jana

    Ja ek kan ook nie wag nie, het nou die naweek in my nuwe huis ingetrek en kort definitief Sarie se inspirasie, dit kan net lekker wees!!

  • Janine Saayman

    Ek is mal oor dekr vir die huis en kan nie wag vir die tydskrif om uit te kom nie . ek is al klaar ‘n intekenaar van Sarie & sarie kos. Nou gaan my man eers kla as hy by die huis kom en dis weer ‘n ander kleur!

  • Karen

    Ek wens dis al vlg week die tyd! :)

  • Ria

    Sjoe! Die kreatiewe harte, polse en are gaan die Suid Afrikaanse tuistes en vlaktes weer laat klop! Gaan ‘n groot leemte vul met die nuwe uitkyk op handwerk.

  • Dafina Monteverdi

    Enige tydskrif van Sarie se stal is altyd baie interessant en leersaam.

  • Antoinette

    Wonderlik, kan nie wag nie, reeds intekenaar by Sarie Kos

  • Petro

    Dit gaan Fantasties wees om die idees te kan gebruik

  • Corinne Posthumus

    Ek hou al die dekortydskrifte!!! Nog een is welkom. Lekker idees om jou huis mmoi te maak.

  • http://www.thethorntree.co.za Tanja Lategan

    Ek sien soooooo uit daarna!

  • Annalie

    Ek kan nie wag nie na 25 jr. het my huis bietjie verandering nodig, en dit sal ‘n wonderlike kersgeskenk wees as ek die kompetisie wen.

  • Susan

    Daar nie ‘n lekkerder tydskrif soos sarie elke vrou se droom boek

  • Karlien

    Kan nie wag om te begin nie. Baba nou 6 maande, so dis tyd om weer in daai "skinny" jeans te pas.

  • Micky Bahr

    Ek is mal oor dekor mags en nou het ek weer iets om uit te sien elke maand! Dankie Sarie!!!!!

  • Rita Jacobs

    ‘n Dekorboek uit die Sarie stal is net wat ons nodig het om om die moeilike tye met mooi dinge bietjie makliker te maak!

  • Elsa Prinsloo

    Sarie is een van die beste vroue tydskrifte, indien nie die beste nie!

    Ek kan nie wag op Sarie Woon te sien nie.

  • Linda de Wit

    Sarie is my lewe lank al saam met my, ek kannie daarsonder nie en ek sien baie uit na Sarie Woon. Voorspoed met jul puik tydskrifte!

  • Riana Malan

    Ek is oortuig daarvan dat julle die baie plat beursies van die effens "senior" lesers ook in gedagte sal hou – ons pensioene hou mos doodeenvoudig nie tred met die tyd nie!

  • Lorette

    O genade tog… My man se hart sal dit nooit hou nie, want ek is ingeteken op Sarie, Sarie Kos en nou kom Woon en ek wil dit hê! Ek dink ek moet sommer skimp vir Kersfees.

  • Joan

    Ek is versot op mooi huise en meubels. Al kan ek dit nie aldag bekostig nie, kan ek darem nog droom.

  • Gerhardus Hammerse

    Gerhard sê"Ek leer baie uit die Sarie.Daar is elke dag iets in wat jou inspereer vir die dag.Elke dag nuwe uitdagings.
    Voorspoed met die besonderse tydskrif.
    Hoop om die prys te wen.

  • Dina Coetzee

    Ek glo dit gaan ‘n wenner wees! Net soos Sarie Kos! Kan nie wag.

  • Marissa

    Ek kan nie wag om die Sarie Woon te sien nie, my vingers juk al klaar!!

  • Diana Vogel.

    Kan ni wag nie.

  • Marietjie van de Wall

    Hallo Sarie,
    Ek kan nie wag vir die Sarie-Woon Tydskrif nie.
    Sarie, jy verbaas my.

    Julle weet hoe om die hartsnare van ‘n vrou te trek.
    Ek is versot op julle. Sien elke dag uit na julle web-tuiste.
    Ek gaan elke dag daarop in.

    Baie groete,
    Marietjie van de Wall

  • Pieter Hugo

    Anita en Lounette!! Wow, dit lyk fantasties, mal oor die cover. Baie geluk. Ek kom binnekort inloer, Pieter

  • Yvonne Lessing

    Dit is wonderlik!!!!!!!!!! Ek is ‘n intekenaar op die Sarie en sal graag hierdie ook deur die pos wil ontvang WIL NIKS MSILOOP NIE

  • Ursula James

    Het die Sarie-Woon al ‘n week, en sien elke dag as ek dit weer blaai iets anders raak. Dankie Sarie, vir pasgetroudes wat nou hul eerste huis opsit is die boek vol idees.

  • Lindi van SARIE

    Dankie Ursula – geniet jou nuwe huis!

  • René

    Ek het Sarie-woon van hoek tot kant geniet. Baie dankie. Waar kan ek die kunswerk (of soort gelyke kunswerke) wat voor die raam op bladsy 26 staan te koop kry? Groete René

  • http://www.aantdorpseind.co.za heila brand

    Mag ek asb ‘n eksemplaar van julle bestel, ons dorpie se winkels hou dit nie in voorraad nie. Ek is, soos baie van jul ander lesers, verslaaf aan die sarie – enige deel daarvan. Julle uitleg, styl, ens ens is sakpas vir alle afrikaans-lesende suid-afrikaanse vroue! moet wees!

  • Jane Smith

    Hallo Sarie Woon,

    Ek wil asb uitvind of die tafel op jul voorblad te koop is erens en indien wel, kan ek asb die kontak besonderhede kry?

    Baie dankie

    Groete

  • http://sarie.com Lounette Fourie

    Rene: Die kunswerk is materiaal wat oor ‘n kunstenaarsdoek gespan en vasgekram is. Ons het die materiaal van die Design Team bestel. Dit word plaaslik gedruk. Kontak hulle by 012 653 1973 of http://www.designteamfabrics.co.za

  • http://sarie.com Lounette Fourie

    Jane Smith: Die foto is aan ons verskaf deur ‘n klient en is in Holland afgeneem. Probeer dit naboots deur ‘n soortgelyke tafel se onderkant wit te verf.

  • http://mruqfmlttwbe.com/ ythvvle

    OSE7sD zzgejzgmxyyf, [url=http://mipbcefbetiv.com/]mipbcefbetiv[/url], [link=http://qsojjztkenra.com/]qsojjztkenra[/link], http://bxonppbhhjoa.com/

  • Ronel

    Wanneer kom die volgende Sarie Woon uit. Kan nie meer wag nie.

  • nicola purser

    is die nuwe S.WOON al op die mark ?? kannie wag nie !!

    Kan ek inskryf om die tydskrif in die pos te kry ?

  • Lisa

    Wanneer kom die volgende Sarie Woon? Antwoord asseblief!

  • Maryke van SARIE

    Die volgende SARIE WOON sal 3 November op die rak verskyn.

  • Tracy Humphrey

    I have struggled to find this mag (sarie woon) and i so desperately would like a copy and all the previous copies from when they came out!!!

  • Chantal

    Hierdie tydskrif bring die kultuur in ons uit dis n awesome tydskrif ek het die uitgawe van somer 2009/10 dis my gunsteling tydskrif ooit ek blaai daagliks nog deer dit en sit nou met dit in my hand as jy lus voel om daai kreatiewe juices te laat vloei vat die sarie en omskep!

    Thanx julle dit maak decor soveel makliker en FUN!

  • Melanie Gray

    Shoe gaan dit ‘n hele jaar vat voor uitgawe nr. 2 uitkom ek afgelei dit is kwartaaliks omdat dit Somer gese het? Hoop rerig nie so nie?

  • Lindi van SARIE Woon

    Melanie – ons volgende uitgawe sal 3 November op straat wees – ons gee een tydskrif per jaar uit . Ons is baie opgewonde oor die volgende een – propvol idees en die mooiste foto’s! Laat weet ons dadelik as jy nie die boek in die hande kry nie dan help ons graag. Groete. Lindi Projekbestuurder WOON

  • Marina Hayes

    Ek is bitter dankbaar om te sien daar kom nog ‘n Sarie Woon uit. Ek was al in sak en as omdat ek nie weer een gesien het nie! Ek kan nie wag nie!! Gaan soos ‘n opgewonde kind al die slapies aftel! Ek moet volgende jaar op my eie gaan bly en begin werk (ek is tans net ‘n student) maar Sarie Woon laat my nie so onseker en alleen voel nie! My eie plekkie gaan ongelooflik lyk! Dankie vir al die mooi en bekostigbare idees!!

  • Yolande Ficalbi

    Sarie woon is GREAT! Wanneer kan ek die volgende uitgawe verwag?

  • Lindi van SARIE Woon

    Hi Yolande – sien my kommentaar net bo Marina Hayes. Lindi Projekbestuurder Woon. Groete!! L

  • http://qpkacuuovnia.com/ kgqlnvgabif

    rRfSIy adzivaqbjqfg, [url=http://ymheqkrnwkqd.com/]ymheqkrnwkqd[/url], [link=http://qmopocmbqpkp.com/]qmopocmbqpkp[/link], http://bxrllvfnsgvo.com/

  • Marietjie van de Wall

    Wanneer is die tweede uitgawe van Sarie WOON op die rakke?? Kan nie wag nie!

  • Lindi van SARIE Woon

    Marietjie – ons volgende uitgawe sal 3 November op straat wees – lekker lees! Groete. Lindi Projekbestuurder WOON

  • Monica

    HELP ASSEBLIEF! Ek het hierdie uitgawe van WOON 2010/11 NIE TE KOOP GEKRY NIE!! Is daar ERENS nog a Kopie wat ek kan koop?
    Ek wil ook "subscribe" vir nog van hierdie Sarie "Woon" tydskifte, ek is mal daaroor!!
    Ek vertrou om gou van u te hoor.

  • Lindi van SARIE Woon

    Hallo Monica – kan jy asseblief vir ons jou kontakbesonderhede stuur en in watter area jy bly? Groete WOON

  • petro

    Kan iemand aub. HELP – ek het hierdie uitgawe gemis, het toevallig op
    die boek afgekom, dit in die winkel deur geblaai, ongelukkig nie gekoop nie,
    en nou kan ek my hare uit my kop uittrek, want ek soek die tydskrif vir ‘n
    artikel wat ek daarin gesien het.

    Dankie

  • Lindi van SARIE Woon

    Hallo Petro – kan jy seblief vir my jou besonderhede stuur na lindi.wehrle@sarie.com? Groete! SARIE Woon