sr0911dekor_3_
Dekorstories

Self maak sessie- Doilies

’n Stukkie geskiedenis
Koop ’n kunstenaarsdoek ’n bietjie groter as jou doilie. Verf die doek dieselfde kleur, of ’n skakering donkerder, as jou muur. Ons het een van Plascon se nuwe kleure, Chikadee 05-E1-3, gebruik (www.plascon.co.za). Plak die doilie met spuitgom op die kunstenaarsdoek vas. Die borde (R215 vir 3) is van Biggie Best. Die riempiestoel(R5 595), voetstoel (R3 295) en die leermat (R10 995) is van Weylandts. Die kussing (R450) is van O.live. Die Oosterse kassie (R1 695) is van Loft Living en die oorgroot string krale (R500)is van Within. Vaas, stilis se eie. (Jy kan patrone vir doilies Google – daar is baie webtuistes wat dit gratis verskaf.)

Hier’s nog selfmaak-wenke

 

Fotostateer dit
Kies ’n doilie wat nie te dig gehekel is nie. Plaas ’n gekleurde stuk
papier of materiaal op die doilie en maak ’n kleur-fotostaat.
Gebruik hierdie fotostate om die bokse oor te trek.
Spuitgom of Pritt werk goed hiervoor.
Die linne-tafelloper (R365) is van O.live en die fyngeknoopte
loper (R420) is van Lim. Die lasergesnyde skyfie op die
oranje boksie (R15) is van Story.
Sagte gemak
Selfs hierdie kontemporêre plakpapier, Contempo
van Eijffinger, beskikbaar by Home Fabrics (R248 per
paneel van 106 cm x 64 cm
) herinner aan ’n doilie.
Die linnebank (R10 995), ronde sytafel (R3 895),
handgeblaasde langnek-glasvaas (R4 995) en
donkerrooi vaas (R495) is van Loft Living. Die ronde
glasvaas (R160) is van Woolworths en die keramiekbak
(R1 500) is van Helen Vaughn. Die leermat (R10 995)
is van Weylandts.
Dek met doilies
’n Doilie is op die rekenaar geskandeer en Smart Art
het dit vergroot en op ’n linnedoek gedruk. Jou eie
foto’s of kunswerke kan só op kussings en tafeldoeke
verskyn. Dit kos sowat R400 per m². Sien
www.smartart.co.za vir meer inligting. Die
muurhorlosie (R490) en lampskerm (R1 500) is van
@home livingspace. Die ronde plekmatjies (R139 elk)
is van Lim en die glasbak (R999) van Weylandts.
Ander items, stilis se eie.
Kant & klei
Die handgemaake Wonki Ware-bakkies
(www.wonkiware.co.za) (vanaf R25 tot R75)
en kleinbordjie (R65) is van Blink, asook die
protea-speldekussing (R135). Die
linne-tafelloper (R349)
is van O.live.