slim_side_red
Dekorstories

Sit-sit so

Die kontemporêre stoele lyk ewe tuis langs ‘n antieke tafel. Die rooi Slim-stoel kos sowat R2 700 elk (BTW uitgesluit). Dis ingevoer van Italië en het ‘n staalraam met chroom afgewerk. Die rug en sitplek is van poliuretaan, wat dit wasbaar maak. Beskikbaar van Comfort Creations, 011 673 9337.

Die wit stoele van Coricraft kos R595 elk. Die afwerking is kunsleer en dis in wit, swart en bruin beskikbaar. Dit kan ook maklik met ‘n klam lap skoongevee word. Coricraft het takke landwyd. Navrae: 021 505 6640.