FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Slim raad met rame

Almal van ons staan nou en dan voor ’n kaal muur en wonder wat om te doen. Egte skilderye is meestal net ’n droom, maar hier is idees wat kan help.

1. Familieportrette

Dit is verkieslik om persoonlike foto’s uit te stal in ’n vertrek wat uit die openbare oog is, soos ’n slaapkamer of werkplek. Die kunstenaar Sally Arnold van Prins Albert het al haar familiefoto’s saam op rakke in haar ateljee uitgestal.

decor_050

FOTO Ryno

 

2. Maak ’n galery

’n Voorportaal of lang gang is die ideale ruimte vir ’n galery-muur. Begin deur met ’n reguit lyn aan die onder- of bokant te werk. Maak ligte strepies met ’n potlood en pak rame op die vloer uit om die regte plasing te beplan. Gebruik rame wat min of meer dieselfde is, soos dié van herwinde hout.

sr0609dekor08.tif

FOTO Inge Prins

 

3. Herbenut ou rame

Het jy ou rame wat iewers stof opgaar? Of dalk ’n kaal muur waarmee jy raadop is? Haal die glas en binneste karton van elke raam uit, pak dit op die vloer en besluit hoe jy dit wil hang. Verf almal dieselfde kleur as die muur en hang op.

home, decor, ideas,

FOTO Ryno

 

4. Raam iets ongewoons

Baba se eerste skoentjies of uitrusting is altyd iets spesiaals en die moeite werd om in ’n diep boksraam te monteer vir die babakamer.

Kids Living Shop photographed by Rodger February, styled by Anita and Lounette

FOTO Rodger February

 

5. Klaar gegroepeer

Dié vier rame is klaar aan mekaar geheg en spaar jou al die meet en pas (R299,99), Mr Price Home.

canvas

FOTO Mr Price Home

 

6. Klassiek in swart

Die groot swart raam van 20 x 30 cm word verkoop met ’n klaargesnyde wit montering (R290), Woolworths.

Coated-Wooden-Frame-6009195829452.jpgswartrww

FOTO Woolworths

 

7. Natuurlike hout

Die kontemporêre raam is goedkoop genoeg om ’n galery van te maak (R79,95), Woolworths.

Wooden-Photo-Frame-6009189313448

FOTO Woolworths

Lees nou

Verf jou meubels so

Maak jou badkamer nuut – 6 idees

Só lyk die Afrika-trend