n2l4685rz
Dekorstories

Slim rak

Is jou lewe ‘n kraaines van elektriese koorde? ‘n Koord vir die selfoon, een vir die iPod en nog ‘n paar vir die kamera en skootrekenaar? Skaf dan ‘n Winkbox aan. Dis die nuwe blink plan van sweefrak-spesialiste Ode.

Die rak het ‘n diep laai met ‘n netjiese meganisme daarin om al die kabels te organiseer en in plek te hou. Jou elektroniese ware word dan netjies hier herlaai. Die rakkie kan ook dien as ‘n klein lessenaar of uitstalplek – of installeer dit voor jou bed as ‘n bedkassie.

Die Winkbox is in 10 verskillende afwerkings beskikbaar. Dis 600 mm lank, 300 mm wyd en 150 mm hoog. Dit kan teen ‘n baksteenmuur, beton-, hout- of gipsmuur (drywall) gemonteer word en kos R964,80. Bestel van www.the winkbox.com of skakel hulle by 0861 113080.