sr0602woon07
Dekorstories

Só bly jou handdoeke sag

SARIE.com het die hulp van ’n professionele butler ingeroep om ’n paar huishou-wenke met jou te deel. Hoe hou jy jou handdoeke sag en silwerskoon? Anton van Deventer, van die SA Butler-akademie, sê:

– Bly weg van versagmiddel wanneer jy handdoeke was. Dit het ’n oliebasis en bou op. Pleks van versagmiddel kan jy ’n koppie wit asyn gebruik. Dit laat die handdoeke sag, sonder enige asynreuk.

– Gebruik net die helfte van die waspoeier vir handdoeke wat jy vir ander bondels wasgoed sal gebruik.

 

FOTO Instagram

FOTO Instagram

– Was jou handdoeke teen ’n hoë temperatuur, 60°C. Vir baie vuil wit handdoeke kan jy tot 80 of 90°C gebruik – byna kookpunt. Moet dit nie met gekleurde handdoeke doen nie, dit sal verbleik.

– As daar sonbrand- of ander oliekolle op jou wit handdoeke is, vryf Handy Andy daardeur voordat jy dit in die wasmasjien gooi.

– Week wit én gekleurde handdoeke met grimeer- en ander vlekke op in Vanish O2-poeier.

– Jou handdoeke is sagter as jy dit op ’n mediumhitte in die tuimeldroër droogmaak, eerder as om dit in die son te hang.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

– Sodra jy dit uit die tuimeldroër of van die draad afhaal, vat jou handdoeke aan die hoeke vas en rek en trek dit ’n paar keer voordat jy dit opvou en bêre. Dit sal help om die handdoeke mooi reguit te hou.

  • http://uinzflodeweg.com/ ulazdvvhy

    OPjuGq hgrxaaczfgbt, [url=http://tlopnvqtdmdy.com/]tlopnvqtdmdy[/url], [link=http://gyswhgkmnfym.com/]gyswhgkmnfym[/link], http://bathxmripvxs.com/

  • augixtvp

    NqgWnx gwbvljxojsmf, [url=http://mgxvmwntjddx.com/]mgxvmwntjddx[/url], [link=http://qlocgxwtfbbz.com/]qlocgxwtfbbz[/link], http://wrtznmtahccq.com/

  • msvirb

    drlHo3 hficlaobuqar, [url=http://mtfkqgsxktzc.com/]mtfkqgsxktzc[/url], [link=http://ycwwawwgbhbf.com/]ycwwawwgbhbf[/link], http://fejazrknsvgk.com/

  • nwfqgo

    Nyb3Fj vbcvajptpwlp, [url=http://tamocgbfjtnb.com/]tamocgbfjtnb[/url], [link=http://parnqnkxlzlp.com/]parnqnkxlzlp[/link], http://ajkxybjwwhld.com/

  • Ricky

    Dankie. Ek gaan die asyn volgende keer probeer.