sr0912dekorrz
Dekorstories

Kersfees-dekorwenke

Maak eenvoudige Kersbome van ‘n droë tak of selfs karton. Versier met als wat blink en mooi is. Aanwysings vir kartonboom.

Pleks van ‘n Kersboom is ‘n droe tak ewe mooi. Versier dit met kristalle, papier- voeltjies, skulpe en stukkies glas wat jy met draadjies vasdraai.

Swart tafellamp, R490 by @home, stoel (prys op aanvraag), Wunders.

Kranse van papier
Kies ‘n lang, rustige Sondagmiddag om
saam Kerskranse en -versierings te maak.

Aanwysings vir kerskranse

Heildronk-tyd
Haal uit die vonkelwyn, pots jou silwer
en skuif die meubels! Vier die seisoen met kranse,
vredesduiwe, sagte kerslig en bakke vol krismisrose uit jou tuin.
Tel die dae af
Laat Pa en die kinders jul eie
Advent-kalender van stweige karton maak.

Aanwysings vir Advent-kalender

Met liefde toegedraai
Met ‘n paar velle snees-
en wit papier kan jy pakkies stylvol
toedraai en versier

Idees vir geskenke toedraai