Heeljaar vakansie!
Foto’s: Ryno Galery
Met 'n paar nuwighede en 'n slim plan hier en daar kan jou hele jaar soos seevakansie voel.
LASLAPSTOEL (foto bo)
'n Ou kantoorstoel lyk soos 'n ontwerper-item met nuwe stoffering (tuisgemaak) en hoëglans-verf
KAS VIR MOOIGOED
n Ou hangkas word 'n pragtige uitstalrak. Dit pas ideaal in 'n voorportaal, waar jou mooiste optelgoed vriende begroet.

PIEKNIEKBLIK
Elke piekniek moet 'n geliefde blik vol lekker toebroodjies hê. Maak jou eie met see-prentjies daarop.

SEE-KUIER
Gaan drink jou middag-koffie op die strand. Laat elkeen sy eie sitding saamneem en maak 'n piekniekkombers waarop julle heerlik kan saamkuier. As 'n winter-seevakansie net 'n droom is, kies 'n stil kol in jou tuin of 'n nabye park.

VAN TOU GEMAAK
Vatlappe
Koop dikkerige tou (by kruideniers- en ysterwarewinkels), neem penne van 5mm en h/aan 25 ste. Br 25 rye in rekst (= alle rye in r) en h/af. Werk 'n materiaallussie vas.
Plekmatjie
Gebruik dunner tou hiervoor. Hekel 'n ketting van 20 steke. Hekel rondom hierdie ketting en vermeerder telkens op elke draai 4 steke om 'n reghoek te vorm. Hekel om en om in rye tot verlangde grootte. Bakkies (R185 elk), Nap. Bord (R150) en servetring (R40), Lim. Tafelloper (R120) en servet (R49,95 vir 4), Woolworths.

Brei is nie net top-ontspanning nie - dis nou weer hoogmode!
Hier's 'n maklike patroon om jou aan die gang te sit.

LEKKER KNUS
Maak vir jou 'n ekstrawarm kombers deur twee komberse met komberssteek aanmekaar te werk. Komberse (R99,95), Woolworths. Mandjie (R395) en kussing (R295), Nap. Stoel, stilis se eie.

SIRKELS EN BLOMME
Dié fyngehekelde serp (R510) is die handewerk van die werkverskaffingsgroep Projekt. Dis van 100% katoendraad en kan bestel word by petabeckerprojekt@gmail.com of 082 662 5391. Gebreide rokkie (R399), Poetry by Cape Union Mart.

Verwante artikels
-
Kabelkussing in 2 kleure
SARIE - Junie 2010
Maak jou eie kabelkussing.
-
Maak 'n speldekussing en 'n sakkie vir jou skêr
SARIE Julie 2010
Maak uit stukkies vilt 'n speldekussing en sakkie vir jou skêr.
























Kommentaar
Judy het gesê:
ek dink alles is soooo mooi, my vingers jeuk om te begin. baie dankie vir jul pragtige artikels. Judy
16de Mei. 2012, 12:49