geel2
Dekorstories

Speel met geel

Geel het nou klassieke status soos roomkleur, swart en wit. Gebruik dit in en om jou huis om ’n warm sonkol en ’n fokuspunt in ’n vertrek te skep.

1. Geel is veral ’n geskikte pasmaat vir donker kleure soos grys. ’n Geraamde geel landskapfoto en die geel vrugtebak en orgidee is al kleuraksent in hierdie stylvolle hoekie.

geel1

FOTO Ryno

Voor die venster

2. Ons is geneig om meubels net altyd wit te verf. Hier het dit ’n laag liggeel verf (soortgelyke kleur is Banana Dream 5 van Dulux) gekry wat dit perfek laat inpas by die moderne interieur van die vertrek.

geel2

FOTO Ryno

3. In ’n vertrek waar alles aards en hout is, sorg hierdie geel kussing met tekstuur vir sagtheid en warmte.

geel3

FOTO Henk Hattingh

4.  ‘n Gaste-toilet is die een plek waar jy maar bietjie kan laat waai met kleur. Hier is geel gestreepte plakpapier horisontaal gebruik. Dit laat ook die vertrek ruimer lyk. Jy kan dit natuurlik ook so verf.

geel4

FOTO Ryno

5. Moenie van buite vergeet nie. Op hierdie beskutte stoep verwelkom twee groot geel pampoene jou.

geel5

FOTO Henk Hattingh

Dekor vir winterwarmte