rondo_dining_white_lifestyle_2
Dekorstories

Onthaal weer buite

Die Duitse meubelvervaardiger MBM se nuutste reeks buitemeubels is ewe geskik vir buite of binne. Die Bellini-tafel en Rondo-gemakstoele is veerlig en is vervaardig van materiale wat teen son en water bestand is.

Die tafel is in 3 groottes beskikbaar: 90 cm x 90 cm (R4 680), 90 cm x 160 cm (R6 780) en 100 cm x 220 cm (R9 980). Die gemakstoel kos sowat R2 280.

Vir navrae, kontak 0861 222 626 of besoek www.mbmafrica.co.za.