Dekorstories

Tooi die tafel vir #SARIEkrismis

Goud, silwer en brons. Dit is die kleur van geskenke en gee met ’n ruim hart. Rooi. Dis die kleur van feesvier en liefde in oorvloed. Dek jou mooiste tafel en versier jou huis met #glinster.

Blaai deur ons galery vir meer as 8 idees om die tafel en jou huis te versier!

Tooi die boom

Versier jou Kersboom met goue balle in verskillende skakerings en hier en daar ’n gekleurde bal tussenin. Ons het polistireenballe van verskillende groottes gekoop en dit met brons en goue stokperdjieverf geverf. Die stoel, kussings en tafeltjie is verskaf deur Scape Events.

Kerskrans se tweede lewe

Spuitverf jou bestaande Kerskrans goud vir ’n splinternuwe voorkoms.

Spesiale kaartjies

Ontwerp geskenkkaartjies en versier dit na jou smaak. Die bord (R150) is van Woolworths en die goue onderbord (R169) van @home. Kussing verskaf deur Scape Events.

Vir die tafel

Gee ’n bietjie hoogte aan jou tafel deur twee koekstaanders (vanaf R231) van die EB Group opmekaar te stapel en met Kersballe te versier.

Maak ’n geurige krans

Gebruik ’n hoelahoepel as basis. Pluk of koop geurige blare en kruie (bv. roosmalvas, kruisement, roosmaryn en vinkel) en maak dit met ’n rekkie in bossies vas. Heg aan die hoelahoepel met tou of bloemistedraad. Hang dit naby jou Kerstafel sodat die lekker geur kan versprei terwyl julle feesvier. Jy kan ook klimoptakke dig om die hoelahoepel draai. Rond af met ’n mooi lint.

Nicole se blinkertop (prys op aanvraag) is van Witchery en die pienk kantromp (R249) van c(inch), te koop by die SARIE-winkel by spree.co.za/sarie (SOEK Lace Midi Skirt Pale Pink).

Wit en goud vir die tafel

Dek jou langste tafel en rangskik al jou brons- en goudkleurige kersblakers in die middel daarvan. Die kersblakers voor (R299 elk) is van @home en dié op die agtergrond van Scape Events. Jy kan ook jou ou kersblakers goud of brons spuitverf. Onthou net om dit eers ’n grys onderlaag te gee. Sit goue en brons balle in die nageregbakkies (dié op die voorgrond kos R110 elk) van Woolworths en dek sommer vir die mooi ’n koppie met ’n goue randjie (R149 elk), te kry by @home. Die geometriese draadvorms op die voorgrond en by die tweede bord (R860 vir 5) is van Elsje Designs. Die groot trofee met goue balle in (R850) is van die EB Group. Stywe jou lapservette en maak dit langs die borde staan. Plaas dan die messegoed (R319 vir stel van 3 by @home) in die borde vir ’n meer informele voorkoms.

Klink ’n glasie

Jy kan ook jou kroegdeel inrig met skakerings van brons en goud. Die kranse (R850 elk) is van Elsje Designs. Die mengeldrankiehouer (R299), klein ysbak (R379), groot wynhouer (R699) en glase met goue rand (R79 elk), die glase met die goue kolletjies (R89 elk), die grys whiskeyglas (R49) en kersblaker (R299) is van @home.

Sarah (links) se pienk top (R599) is van H&M, die langbroek (prys op aanvraag) van Second Time Around en haar suède-hakskoene (R1 595) van Spitz. Nadia se oorvoubloes (prys op aanvraag) is van Max Mara, die langbroek (R2 500) van Ruff Tung en die hakskoene (R1 595) van Dune. Die meubels is van Scape Events.

Versier jou borde

Versier jou wit borde met ’n vinielplakker al om die rand. Die plakkers (pryse wissel na gelang van ontwerp) is verskaf deur Root 360. Kyk HIER hoe om met die plakkers te werk.

Alle foto’s: Michael le Grange

Kyk ook wat is op ons Kersfees-spyskaart HIER