pot5
Dekorstories

Tuinpotte van klip en klei

Hulle voer unieke handgemaakte potte, houtstukke en beelde vir tuine in. Van hierdie potte is uit natuurlike klip soos lawa en sandsteen gekap en gegraveer, terwyl ander van ‘n sementmengsel is.

Nog ander potte en waterfonteine word gemaak van see- en rivierklippies, asook gekapte leiklip wat met die hand in sement ingelê is – iets wat arbeidsintensief is en groot vaardigheid verg.

E & E Trading het ook tradisionele Indonesiese kleipotte, voëlbadjies, waterbakke en verskillende waterfonteine.

Elke unieke item word persoonlik deur Erna Emsley en Elmarie van Rensburg uitgesoek, wat albei ‘n passie vir Bali en die omliggende eilande deel. Voorheen het hulle meubels van daar ingevoer, en toe hulle dié onderneming ‘n paar jaar gelede verkoop het, was die verlange na hierdie magiese plek net te veel. En dis hoe E & E Trading gebore is.

Potte se pryse wissel van R50 tot R4 500, en kan per afspraak in Durbanville besigtig word. Items word ook landwyd versend.

Kontak Erna by 082 8963 730 of erna@iafrica.com, of Elmarie by 082 7744 407 of elmariej@mweb.co.za.