FOTO: NetFlorist

FOTO: NetFlorist

Dekorstories

Valentynsdag: Maak jou eie origami-boekmerk PLUS maak só dat jou blomme langer hou

Dis Valentynsdag en baie van ons soek nog idees vir ’n oulike geskenk. En as jy  ’n bos rose kry, móét jy ons wenk probeer sodat dit langer hou.

Origami-boekmerk

Neem ’n pragtige stukkie papier (6,5 cm x 13 cm) en vou dit só:

Stap 1: Vou die reghoek in die lengte in die helfte met die patroon na buite.

Stap 2: Vou weer in die helfte, maar die keer in die breedte. Vou oop. Dis jou middelmerk.

Stap 3: Vou die een kant by die middel teen ’n 45 grade-hoek na bo, soos die foto.

Stap 4: Herhaal met die ander kant.

Stap 5: Draai die papier om. Vou die boonste deel afwaarts – omtrent 1/3 van die gedeelte.

Stap 6: Vou die skerp punte aan die bo-kant om ’n hartjie te vorm.

Die eindproduk!

Resep om rose langer te laat hou

Jou rose moet 8-12 uur lank water drink om die voordele te trek. Met die nodige versorging kan jou rose langer hou.

  • As jou rose vir langer as 15 minute buite water was, sny ongeveer 2 cm van hul stingels af. Sny teen ’n hoek, sodat dit makliker die water kan optrek.
  • Verwyder enige blare wat al verkleur het.
  • Moenie die blomme in ’n metaal-blompot sit nie.
  • Gebruik die blom-kos – dit help baie!
  • Sny weer die stingels elke 2 – 3 dae.
  • Nadat jy dit gedoen het, maak dit vol met nuwe water en voeg weer blom-kos by.
  • Moenie jou rose in direkte sonlig of in ’n warm vertrek sit nie.

NetFlorist verskaf ook ’n resep om jou eie blom-kos te maak

– 1 teelepel suiker (om jou blomme meer woema te gee)

– 1 teelepel bleikmiddel (om die bakterie dood te maak en die water skoon te hou)

– 1 teelepel asyn

– 2 liter water

Meng alles en plaas jou blomme daarin.

Besoek NetFlorist vir al jou blom- en geskenk-behoeftes