web091001vases5
Dekorstories

Vase vir die mooiste maand

En Oktober is mos die mooiste, mooiste maand. Maak vase vol met blomme en sit hulle in die sitkamer, jou kamer, die kantoor. Gaan koop sommer nog by Clicks en Mr Price Home teen R50 elk.

As blomme skaars is, vul jou vase met:

mooi linte,

gekleurde water (gebruik net ‘n druppel koekkleursel) – waarvan die watervlak in elke vaas verskil,

albasters, klippies of skulpe,

‘n mooi foto,

of ‘n string wit liggies.

Die silinder- en vierkantige vaas is van Clicks en die een met ‘n voetstuk van Mr Price Home. Takke landwyd.