essential_earthrs
Dekorstories

Die noodsaaklike lewe

Ons het hierdie oulike nuwe winkel, essential life, in Johannesburg ontdek. Dit het ‘n verstommende reeks leefstylprodukte met inspirasie uit eg Suid-Afrikaanse temas. Daar is keramiekware met protea-ontwerpe, luukse- bad- en lyfprodukte, meubels, kerse, koffies, tees en nog vele meer, met geure wat jou wegvoer. Besoek gerus essential life, winkel nr. 6, 7 & 17, 4de Laan, Parkhurst, Johannesburg. 011 447 2142 of www.essentialliferetail.com