FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Voor die venster

Gordyne en blindings gee dadelik atmosfeer aan die vaalste vertrek. Boonop demp dit klank in ’n oopplan-ruimte, veral as daar teël- of houtvloere is. Kies maar versigtig, want dit is nie iets wat jy dikwels gaan vervang nie.

As jy handig is, kan jy gerus jou eie gordyne en blindings installeer. Decorland by Game-winkels verskaf alles wat jy nodig het en hul konsultante kan jou te woord staan met raad en hulp.

1. Gebruik strepe

Strepe is ’n veilige manier om patroon in te bring. Dis ’n ontwerp waarvoor jy nooit moeg sal word nie en dit sal ook nie dateer nie. As jou meubels in effekleure gestoffeer is, kan jy met ’n geruste hart gordyne met patrone en strepe daarby kies.

hertex_005

FOTO Ryno

2. Stik ’n sierrand

’n Sierstrook (braid) aan die gordynrand is ’n uitstekende manier om ou gorydne weer nuut te laat lyk.

hertex_013

FOTO Ryno

Wat is jou slaapkamer-styl?

3. Kies Romeinse blindings

As jou vertrek klein is of jy nie van gordyne of die volume daarvan hou nie, is blindings die antwoord. Die borand van hierdie blinding is met ’n val afgewerk en die onderrand herhaal die boonste omboorsel. So ’n afwerking laat dit minder hard en strak lyk. Die blinding kan binne of buite die vensterraam hang.

hertex_017

FOTO Ryno

 4. Maak hortjies van lap

Baie min materiaal is hiervoor nodig. Twee metaal-arms, wat oop en toe skarnier, is teen die muur gemonteer. ’n Deursigtige strook wit katoen is dubbel oor elke arm gehang. Vir interessantheid is ’n stuk growwe linne, effe gerafel aan die onderrand, met lang dekoratiewe spelde op elke wit strook vasgespeld.

sr0111dekor06.tif

FOTO Ryno

 5. Skep drama

Twee ongevoerde gordyne in die opening van ’n dubbelvolume ruimte verleen sagtheid en kan selfs toegetrek word om areas te skei.

woon3_096

FOTO Ryno

Planne vir jou voorportaal