alurod_spiral_decorland
Dekorstories

Voor die venster

As jy iets gaan aanpak soos nuwe gordyne of blindings, gaan maak ‘n draai by Decorland in Game-winkels.

Het jy geweet hulle het ‘n baie groot reeks gordynrelings, blindings, wegbinders, tossels en selfs plakpapier? Jy kan ook ‘n groot verskeidenheid blindings volgens maat by hulle laat maak.

Ons hou baie van hul aanknip-gordynpale, wat die gordynreling netjies wegsteek. Hul nuwe aluminium-pale is beskikbaar in verskillende afwerkings – swart, brons, koper, silwer en chroom. Dit is liggewig, maar sterk en roesbestand. Die houtpale is van SA dennehout gemaak. Daar is regtig iets vir almal se smaak.