ontap1
Dekorstories

Warm handdoeke

Die badkamerwinkel On Tap verkoop nou nuwe verhitte handdoekrelings onder die handelsnaam Jeeves Cosmo Six. Dit het 6 sparre waaraan jy ‘n hele klomp handdoeke kan ophang, met ‘n keuse tussen ‘n losstaande ontwerp en een wat jy teen die muur kan monteer.

Die vraag is egter: Is elektrisiteit nie gevaarlik in ‘n badkamer waar water spat nie? Dié handdoekrelings raak egter warm deur ‘n spesiale tegniek, nl. Wet Element Technology (WET). Dit werk basies soos ‘n warmwatersilinder met vloeistof wat in die pype warm word en deur ‘n termostaat gereguleer word. Dit is dus heeltemal veilig.

Verskaffernavrae: 021 422 5418/28 of ontap@ontap.co.za.