FOTO Ryno

FOTO Ryno

Dekorstories

Wat is jou slaapkamer-styl?

Hier droom en rus jy, kom soek jy vertroosting en skuiling. Maak dit knus en warm, maar veral mooi.

Elemente vir ’n luukse kamer

• ’n Lekker dik mat.
• ’n Ekstra kombers aan voetenent van die bed.
• Bedlampies vir sagte lig om by te lees.
• Bankie of stoel waarop jy kan sit om bv. skoene aan te trek.

1. Romanties

Die slaapkamer is in die kalm kleure van die Karoo-veld gemeubileer. Die geblomde kussings en muskietnet dra by tot die romantiese gevoel. Ander elemente en detail soos die tossels aan die deursleutels, geblomde stoel en skildery skep atmosfeer.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

Wenk: Sorg altyd vir ’n vars blom of groen takkie voor jou bed. Jy kan selfs geurige kruie soos roosmaryn of kruisement in ’n mooi blompotjie rangskik

2. Modern

Omring jou met net wat jy nodig het en wat vir jou mooi is. Spierwit mure en beddegoed pas by hierdie styl. Pleks van ’n kopstuk is ’n diep nis gebou wat ook as “bedkassie” dien. Die skoon lyne van die laaikas en orgidee is mooi in kontras met die romantiese spieël.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

’n Stukkie Afrika op die Tuinroete

3. Soldervertek (loft)

As jy in een ruimte leef en slaap, maak jou bed luuks maar onopsigtelik deur dit toe te gooi met ’n kunspelsdeken (in die somer vervang jy dit met iets ligs en kleurryk). Gebruik baie kussings op jou bed/bank en speel met tekstuur en kleur.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

4. Klassiek

Simmetrie pas goed by hierdie styl. Eenderse tafeltjies weerskante van die bed, ewe groot bedlampe en skilderye. Hou kleure in dieselfde familie en bring net ’n spatsel helder kleur in. Die hoë bedkopstuk maak dit gemaklik om in die bed te sit en lees.

FOTO Ryno

FOTO Ryno

5. Afri-frans

Hierdie twee style vermeng pragtig. Die Franse-styl kopstuk, bedkassie en gesofistikeerde skokpienk kussing staan mooi in kontras met die bankie van ru-hout en die skildery van doringbome

FOTO Ryno

FOTO Ryno

Lees nou

Planne vir jou voorportaal