watsonia_lr
Dekorstories

Wonderlike Watsonias

Watsonias is een van ons gunsteling- inheemse plante. Hulle groei ook maklik in byna enige SA tuin.

Hadeco het pas 2 nuwe kleure Watsonia-bolle vrygestel. Die plantbolle is netjies verpak, met duidelike instruksies oor hoe en waar dit geplant moet word. Al wat jy hoef te doen, is om dit in ‘n geskikte bedding te plant en te sorg dat dit genoeg water kry deur die wintermaande. Doen navraag by jou naaste kwekery.