WOON Huis 1 Stoephuis
Dekorstories

WOON: Die Stoephuis

Die huis is hoog teen ’n bult gebou met ’n baie mooi uitsig oor Pretoria. Die huis is op drie vlakke gebou, met stoepe en onthaal-areas wat byna uit elke vertrek loop.

(Klik op die foto om te vergroot)

Kuierstoep

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

Die huis het ’n hele paar stoepe waar rustig (en soms minder rustig!) gekuier word. Hierdie stoep sluit aan by die kombuis en leefarea.

Uithalerkombuis

In hierdie huis word baie gekook en onthaal. Die kombuis is groot met elke denkbare apparaat. Die oop rakke loop selfs voor die vensters verby en bied uitstalplek vir mooi en funksionele goed. Die opwasdeel (met ekstra groot wasbakke) en ’n ry ys- en vrieskaste met glasdeure is ’n aparte vertrek wat afsluit van die kookkombuis.

Formele sitkamer

Die aardse kleure (met ’n tikkie goud) van die sitkamer pas mooi by die Hoëveldse landskap. Ook hierdie glasdeure loop uit op ’n lekker groot stoep.

Duik in

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

Die swembad is beskut tussen die twee stoepe en hier word heel somer lank geswem en aande omgekuier. Self om die swembad is ’n randversiering van ruwe klip.

Vir gaste

Langs die swembad is ’n pragtige slaapkamer met ’n privaat sitkamer vir as die eienaars se getroude dogter kom kuier.

Kunstige siele

Die vrou van die huis is mal oor skilder en om naaldwerk te doen. Hiervoor het sy ’n fantastiese ateljee met muur tot muur rakke. Sy bêre haar voorraad in sulke kleurvolle kissies en oral is mooi klein uitstallings.