WOON Huis 6 Kuns en Kleur
Dekorstories

WOON: Kuns en kleur

Elsbeth Eksteen en Hartmut Martin het hierdie ou spoorweghuis onder hande geneem en dit ’n kleurvolle warm woning omskep. Hul hande staan vir niks verkeerd nie – hulle het al die restourasie werk self gedoen.

(Klik op die foto’s om te vergroot)

Self gemaak

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

Die sitkamerbanke en tafeltjies het Hartmut gemaak en Elsbeth het die kussings en oortreksels is haar handewerk. Meeste van die material is van Design Team (besoek hul webwerf hier) Die baksteenmuur het ’n leksel verf gekry en die vloer is effens wit gekleurwas.

My werkplek

Die hele lengte van die leefvertrek is ’n werktafel vir Elsbeth. Sy skilder pragtig en is mal oor hekel en naaldwerk. Sien meer van haar werk by elsbeth-eksteen.blogspot.com.

Kolle en kleur

Elsbeth dink niks daarvan om self die verfkwas te gryp nie. Sy het die klavier met wit verf bygedam en met swart kolle versier. Kyk hoe mooi is die geel voordeur. En die klavierstoeltjie se oortreksel het sy natuurlik self gedoen.

Middagslapie

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

Die interessante dagbed staan naby Elsbeth se werktafel. Hier ontspan sy (of haar honde) lekker. Die oortreksel en kussings is ook Design Team-material.

Koelte stoep

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

Die voorstoep is ook met ’n interessante kombinasie van lappe en pienk en rooi versier.

Kunstig

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

Een van Elsbeth se fyn kunswerke.

Bêreplek

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

Die kis met uitsnywerk en wiele is ook Hartmut se handewerk en is bêreplek vir Elsbeth se lappe.

Elsbeth aan die werk

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno