WOON Huis 7 Plaas in die Stad
Dekorstories

WOON: Plaas in die stad

Die Van den Berg gesin is buitelug mense – mal oor perde, diere en mense. Hierdie mooi, ruim huis is op ’n perdrylandgoed, Mooikloof, gebou. Hier kan die gesin heerlik perdry en “boer”.

(Klik op die foto’s om te vergroot)

In die buitelug

Aan die agterkant van die huis is ’n lekker groot kuierstoep wat uitkyk op die  swembad. Tussen die bome is ’n groot geboude braai- en kuierplek.

Perdestalle

Die huis kyk uit oor die stalle waar die gesin se perde is.

Lekkerleef kombuis

Die ruim kombuis vorm deel van die groot oopplan sit-eetkamer. Oral in die huis is mooi tafellandskappe met groenigheid uit die tuin.

Kom slaap oor

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

Die gaste suite is net langs die stoep en Carien het dit in aardse kleure gemeublieer. Kyk hoe interessant is die lang small venster bo die bed.

Klip en glas

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

In die gang is hierdie asemrowende kristalkandelaar en gegote klip beeld van Anton Smit.

Stylvolle strepe

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

Katrien (14) het hierdie treffende kleurkombinasie van pastelpienk en swart gekies vir haar slaapkamer. Kyk haar mooi glas lessenaar en die kontemporêre wit stoel.

  • Amy-Ellen Vermeulen

    Hierdie huis is stunning, ek wil graag weet is is die buite kleur van die huis?