WOON Huis 2 Skoonheid in Beton
Dekorstories

WOON: Skoonheid in beton

Charl en Josene Groenewald het hierdie interessante huis van beton en staal gebou. Hulle beskryf dit as ‘n multi-funksionele leefruimte. Hier werk hul albei, het hulle 4 kinders grootgemaak, menigte onthaal en troues gehou, en selfs  films en advertensies is al hier geskiet. Charl is ‘n argitek en Josene is die Gauteng-vennoot vir KAMERS vol geskenke.

(Klik op die foto’s om te vergroot)

Met die intrap

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

Die huis is in dubbel volume met groot glaspanele bo die voordeur en ‘n klipmuur soos jy na die voordeur stap. Oral is reuse vensters en oorgroot glasdeure wat oopskuif. As jy instap, sien jy dwarsdeur die huis na die agtertuin.

Binne na buite

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

Die reuse leefarea het groot skuifdeure wat oopskuif sodat dit voel of jy letterlik in die boomryke tuin sit.

Tafels wat skuif

Omdat hulle so baie onthaal, het hulle twee groot identiese tafels met wiele laat maak  wat netjies teenmekaar aanskuif. Hier word ook vergaderings gehou.

Uit die natuur

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

Klip uit die omgewing is gebruik om die tuinmure te bou.

Pakplek vir Afrika

Josene het haar kombuis met onder andere industriële vlekvrye staal werktafels ingerig. Die lekker staalrak bied pakplek vir onder andere ekstra kombuisgoed.

Sonder fieterjasies

FOTO: Ryno

FOTO: Ryno

Die seuns se stort het ook ‘n “beton” voorkoms met mure wat ge-sementwas is.

Bietjie pienk

house2_017

Jana is die enigste dogter tussen 3 broers. Sy het sagte kleure soos liggroen en pienk met ‘n ry vreugdevlaggies vir haar kamer gekies. Kyk hoe mooi loop haar kamer uit op ‘n klein privaat binnehof.

Water en klip

house2_022

Ook in die agtertuin is klip uit die omgewing gebruik.

Dubbel so groot

house2_008

Die dubbel volume van die huis dra by tot die gevoel van ongelooflike ruimte. Die dakbalke is ook ‘n staalstruktuur.

Slaap in die natuur

house2_023

Die hoofslaapkamer is op die boonste vlak en het ook ‘n groot vensters wat oopskuif op ‘n heerlike balkon wat oor die boomryke tuin uitkyk. Die badkamer op die agtergrond word met ‘n halwe muur (agter die bed) van die slaapkamer geskei.